
Onthou jy nog die dae van inry-teaters? Maar hierdie is beter.
‘n Fliek in die veld met die stilte van die natuur en die sterrehemel bo jou. Die geur van pizzas wat bak in die Kultuurstoor se pizza-oond.
Dit is ontspan. ‘n Bekostigbare uitstappie vir die hele gesin en ‘n herinnering wat jy sal koester.
Kom fliek saam volgende keer op die FAK se Udolpho Rivierplaas net buite Parys.

Hou Udolpho se sosiale media blaaie dop en maak seker jy is daar as die volgende fliek wys want waar gaan jy fliek teen net R30 ‘n kaartjie?
Saterdag is een van Jamie Uys se ou treffers uit die sestigerjare, “Hans en die Rooinek” gewys – lekker lag en uitstaande rolprentkuns.
Moet dit nie mis as die volgende fliek weer wys nie. Daar word beoog om elke maand ‘n veldfliek hier op Udolpho te wys. Slaap sommer oor en maak dit ‘n naweekuitstappie. Uniek en beslis nêrens anders in die geweste.