Local newsNews

Argeologie vir beginners: Kom stap saam in Vredefort se koppe

As jy 'n liefde vir geskiedenis en die natuur het, gaan jy dié uitstappie beslis geniet

Die Vredefort-omgewing het ‘n besondere geskiedenis wat van betekenisvolle historiese waarde is.

Uit artefakte kan argeoloë ‘n goeie idee kry van vroeëre beskawings wat in hierdie gebied gevestig was, hul gebruike, veldslae en baie meer.

Dit is veral ook van toepassing op wat ons sien uit navorsing oor die Anglo Boere-oorlog en wat spesifiek in hierdie omgewing gebeur het.

Maar hoe gemaak as jy artefakte sou kry? Hoe bewaar jy dit? Wie moet weet daarvan en hoekom is dit belangrik dat dit ondersoek word?

Kom stap saam in Vredefort se koppe vir ‘n baie leersame Argeologie vir Beginners verkenningsdag saam met ‘n kenner op die gebied, Johan Wolfaardt.

Trek gemaklike skoene aan, bring jou hoed en sonskerm en kom geniet ‘n dag in die natuur waar jy beslis baie gaan leer van die omgewing om jou en waarna om op te let.

Die dag word aangebied deur die FAK Kultuurnetwerke.

Die geleentheid vind plaas hierdie naweek, Saterdag 2 Maart vanaf 08:00. Daar sal bymekaar gekom word by die Sasol vulstasie langs Parys se hoofstraat, net voor jy uit die dorp uitry Vredefort se kant toe. Vandaar sal daar saam uitgery word na die koppe langs die Parys/Vredefortpad.

Johan sal ‘n oorsig gee van wat met die verkenningsdag gevind word, dit fotografeer en die ligging daarvan dokumenteer.

Dit is by uitstek ‘n argeologie uitstappie vir beginners – daarom as jy ‘n liefde vir die natuur en geskiedenis het, is hierdie ‘n moet wat jy beslis gaan geniet.

Bevestig bywoning by 082 965 7002 waar jy ook meer inligting oor die dag sal kry.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button