Local newsNews

Kilometers se wol vir ‘n oseaan van omgee

Vir maande lank is gehekel aan die reuse rekordpoging

Teen Saterdagoggend net na 11:00 is daar alreeds 391 serpe by Anna Patat in Parys se hoofstraat getel vir die groot Rocking the Vaal wêreldrekordpoging inisiatief waarmee mense van die noorde tot die suide die hekelpenne nader getrek het om 35km se serpe of te wel 7 000 vierkante meter te kon hekel wat aanmekaar gewerk word vir die groot rekordpoging.

Op 16 Maart is dit uiteindelik die groot dag wanneer mense dié reuse hekelpoging van nader sal sien. En wat ‘n makietie gaan dit nie wees nie! Die potte gaan prut en verskeie kunstenaars sal gehoor kan word.

En glo dit of nie – dit is dan wanneer jy die nie minder nie as 35 000 blou serpe sal sien, elk ‘n meter lank wat aanmekaar gewerk word om die oseaan voor te stel op die uitbeelding wat van die hekelpoging gemaak gaan word.

Die groot projek is al tydens  Covid-19 inperking begin, en elke serp wat gehekel is gaan na die groot dag weer terug na die gemeenskappe vanwaar dit ontvang is, om uit te reik na hulle wat dalk hierdie winter nie iets sal hê om hulle warm te hou nie.

Mense se ywer om te gee en deel te neem aan die projek was so groot soos die oseaan wat die wolserpe moes voorstel.

Nie 120 serpe soos aanvanklik voor gehoop is nie, maar ‘n hele 391 serpe is alreeds teen Saterdagoggend by Anna Patat in Parys se hoofstraat getel, en steeds kom die serpe  in. Mense van oraloor help met die Vaaldriehoek se rekordpoging.

Hoe kan daar genoeg dankie gesê word vir elke gewillige hand wat help hekel het, help vaswerk het, help tel het. Elkeen wat op een of ander wyse hul harte oopgemaak het om te gee om ook hul omgee te wys wat vanjaar die Vaal sal ‘rock’ vir ‘n rekordpoging van formaat.

Gesels gerug met Danie van Deventer by 074 189 8347 oor alles wat by die Emerald beplan word vir die 16de, of gesels met Jackie van Waveren by 084 326 5228

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button