Local newsNews

Voertuie, vragmotors in kettingbotsing naby tolhek

Die ongeluk was net na 05:00 Sondagoggend 3 Maart.

Vyf voertuie en ‘n vragmotor moes vroeg vanoggend (Sondag 3 Maart) deur insleepdienste van ‘n botsingstoneel op die N1 sowat 11km vanaf die Vaal Plaza-tolhek in die rigting van Kroonstad verwyder word na ‘n kettingbotsing wat net na 05:00 vanoggend gebeur het.

Dit wil voorkom asof ‘n gebarste band van een van die voertuie die oorsaak van die botsing was toe die voertuigbestuurder beheer verloor het, en dit gelei het tot die kettingbotsing waarby minstens 2 vragmotors en verskeie motors betrokke was.

Vier mense is in die botsing beseer en is per ambulans van die toneel vervoer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button