Local newsNews

Tswana-krale en Khoisan bedrywighede van naderby bekyk met argeologie-uitstappie

Uit artefakte kan argeoloë 'n goeie idee kry van vroeëre beskawings wat in hierdie gebied gevestig was, hul gebruike, veldslae en baie meer.

Die ongerepte kulstuurskat van die koppe rondom Vredefort is Saterdag verken deur ‘n entoesiastiese groep wat saam met Johan Wolfaardt meer geleer het van argeologie en die bewaring van artefakte.

Uit artefakte kan argeoloë ‘n goeie idee kry van vroeëre beskawings wat in hierdie gebied gevestig was, hul gebruike, veldslae en baie meer.

Die Vredefort-omgewing het ‘n ryk geskiedenis wat van betekenisvolle historiese waarde is, en is tekens van die Tswana-krale asook Khoisan bedrywighede van vroeër, hier gesien.

Die Tswanas is waarskynlik weggedryf met die bakleiery tussen die Zoeloes en Matabeles, het Johan verduidelik.

Johan kon ook die driwwe uitwys wat genl. Christiaan de Wet met die Anglo Boere-oorlog probeer oophou het, en waar hy president Steyn veilig kon deurkry na Transvaal-kant.

Op soek na rotstekeninge in die Vredefort-koppe.

‘n Idee kon gekry word van waar die Britte inderhaas hul kransskuilings opgeslaan het, en waarvandaan hulle De Wet en sy manne gebombardeer het.
Met sy interessante vertellinge het Johan verduidelik hoe De Wet telkens op ‘n ander plek deurgekom het en so ook president Steyn weer veilig kon terugbring na die Vrystaat.

Johan Wolfaardt verduidelik hoe rotsformasies gevorm is.

Dit was ‘n leersame dag wat mense nie net ‘n belewenis van die natuur gegee het nie, maar waar jy ook die geskiedenis tasbaar kon beleef in dié omgewing.
Wat uitgestaan het van die dag was die nodigheid om ook in die toekoms ‘n argeoloog na die gebied te bring om meer navorsing hier te doen op artefakte wat gevind en gedokumenteer is.

Dit het ingesluit ‘n gespe of gedeelte van ‘n oorbel,artillerie pen, meteoriet fragment, klinknaels van ‘n wapen of pistoolsak wat in die vroeë gedeeltes van die Anglo Boere-oorlog gebruik is, spykers van voorraadkaste, ‘n rantsoenhouer en knoop van ‘n Britse uniform.

Die dag is aangebied deur die FAK Kultuurnetwerke en is afgesluit met ‘n gesellige braai.

Spesiale dank aan die grondeienaar Tommy Pieterse vir sy gasvryheid en bereidheid om die groep te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button