Vakansiepret met Kids Games
Kinders van Parys sal weer tydens die Maart-skoolvakansie aan die Kidsgames vakansieprogram spesifiek gefokus op laerskoolkinders, kan deelneem. Dit word aangebied om die evangelie aan jong kinders te verkondig. Die program word van 25 tot 28 Maart daagliks van 08:00-16:00 by die NG Parys-Wes kerksaal gehou, en daar is beperkte plek vir 100 kinders beskikbaar. …
Kinders van Parys sal weer tydens die Maart-skoolvakansie aan die Kidsgames vakansieprogram spesifiek gefokus op laerskoolkinders, kan deelneem. Dit word aangebied om die evangelie aan jong kinders te verkondig.
Die program word van 25 tot 28 Maart daagliks van 08:00-16:00 by die NG Parys-Wes kerksaal gehou, en daar is beperkte plek vir 100 kinders beskikbaar. Elke dag word ‘n ander boodskap aan die kinders gebring deur middel van speletjies, kuns, musiek en vele meer.
Hoewel Every Nation Faith City die dryfveer agter die program is, is dit ‘n gemeenskapsprojek, en is die jeug van Parys gevra om behulpsaam te wees en as groepleiers op te tree. Al die nodige voorbereiding en opleiding is voor die tyd aan hulle gegee.
Ander kerkgroepe is ook betrek, byvoorbeeld Lede in Christus Parys wat help met die voorbereiding van die kos vir die kinders, en die NG Wes-gemeente vir die gebruik van hul fasiliteite. Verskeie gemeenskapsleiers is betrokke en sal die MooiParys karakters, Whatty en Nautty elke middag met die kinders ‘n waardevolle omgewingsles kom deel. Kragapie se span begin elke oggend se program met oefeninge.
Maak seker jy registreer jou kinders betyds vir die vakansieprogram met hope pretaktiwiteite. Registrasies sluit 18 Maart.
Borge is ook welkom om te help om van die gemeenskaplike projek ‘n suksses te maak.
Skakel Barend Groenewald by 0833488780 vir enige navrae. Meer inligting en foto’s is ook beskikbaar op die Kidsgames Parys Facebookblad.