Gee ‘n nota saam as jy gee
Op hierdie manier kan jy baie help om jou woonbuurt veilig te hou.

Misdaad neem kommerwekkend toe en omdat mense meer waaksaam is gebeur dit dikwels dat daar op WhatsApp en buurtwaggroepe inligting en foto’s deurgegee word van persone wat in ‘n woonbuurt sou loop met goedere wat dalk verdag mag voorkom.
Hoewel dit juis waaksaamheid is wat help om misdaad vas te vat, gebeur dit ook baie dat inwoners goedere waarvoor hulle nie meer nut het nie, vir ‘n huis- of tuinhulp of ander werker sou gee. Ongelukkig mag die goedere dan vir iemand anders verdag voorkom wanneer gesien word hoe iemand daarmee in die straat loop.
Goeie raad is om dalk ‘n nota saam met die items te gee waarin jy bevestig dat die goedere wel aan die persoon gegee is. Sodoende maak dit dit baie makliker vir sekuriteitspersoneel en die polisie om te bevestig dat die goedere wel gegee is, sou daar enige twyfel of kommer wees om waar die goedere vandaan kom