Local newsNews

Gedenkdiens vir Sonette Saterdag gehou

Ons innige medelye aan die familie

Sonette Pienaar wat vir jare in Parys gewoon het, is Dinsdag 3 April aan kanker oorlede. Sy was 56 jaar oud.

Sonette en haar man Chris, was die afgelope sowat twee jaar saam met hul kinders in Marble Hall gevestig.

Baie Parysenaars sal haar onthou vir haar denimkuns wat sy by Container Park in die dorp se hoofstraat gedoen het, en die pophuise wat sy en haar man, Chris gemaak het. Jy het haar elke week saam met die damesgroep op die stoep van La Vie en Rose  sien hekel, en was sy deel van die dorp se dames sakegroep, We do deals in heels. 

Haar kunstige hande het vir niks verkeerd gestaan nie, en met haar omgeehart het sy graag uitgereik na ander. Sy was iemand wat nie net gepraat het nie, maar daad by die woord gevoeg het. Wat altyd daar was om te help en te luister.

In Marble Hall was sy ook betrokke by die dorp se tuinbouklub.

Die gedenkdiens vir Sonette word môre, Saterdag 6 April, in Marble Hall gehou.

Sonette sal in liefdevolle herinnering onthou word deur haar man, Chris, kinders, kleinkinders, broers, suster en vriende.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button