Local newsNews

‘n Bloedoortapping elke 35 sekondes in SA

Dit is waarom die Bloeddiens jou hulp so nodig het

Elke 35 sekondes vind daar ‘n bloedoortapping in Suid-Afrika plaas. Daarom is die behoefte aan bloed deurlopend, en het die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) daagliks minstens 3 500 eenhede bloed nodig om aan hospitale te verskaf.

Dit is waarom die Bloeddiens jou ondersteuning baie nodig het. Parysenaars kan Dinsdag, 9 April by die Hervormde Kerksaal (h/v Loop & Paulsenstraat) vanaf 13:00 tot 19:00 bloed skenk.

Die mikpunt is om 50 eenhede bloed in te samel wat byna 150 lewens kan red. Jy kan vier keer per jaar bloed skenk. Veral nuwe skenkers word aangemoedig om te kom skenk.

As jy as skenker wil registreer moet jy tussen 16 en 75 wees, meer as 50 kg weeg, ‘n veilige leefstyl lei en gesond wees op die dag van jou skenking.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button