Local newsNews

‘n Bloedoortapping elke 35 sekondes in SA

Dit is waarom die Bloeddiens jou hulp so nodig het

Elke 35 sekondes vind daar ‘n bloedoortapping in Suid-Afrika plaas. Daarom is die behoefte aan bloed deurlopend, en het die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) daagliks minstens 3 500 eenhede bloed nodig om aan hospitale te verskaf.

Dit is waarom die Bloeddiens jou ondersteuning baie nodig het. Parysenaars kan Dinsdag, 9 April by die Hervormde Kerksaal (h/v Loop & Paulsenstraat) vanaf 13:00 tot 19:00 bloed skenk.

Die mikpunt is om 50 eenhede bloed in te samel wat byna 150 lewens kan red. Jy kan vier keer per jaar bloed skenk. Veral nuwe skenkers word aangemoedig om te kom skenk.

As jy as skenker wil registreer moet jy tussen 16 en 75 wees, meer as 50 kg weeg, ‘n veilige leefstyl lei en gesond wees op die dag van jou skenking.

Related Articles

 
Back to top button