‘n Waarskuwing is pas weer deur die Vrystaatse regering se kommunikasiedienste uitgereik vir motoriste oor vloedtoestande en swaar reën in dele van die provinsie. Veral die Kroonstad-omgewing het swaar reën Sondagmiddag 7 April gehad en nog reën word verwag.
Volgens ‘n kennisgewing wat om 12:00 vandag, Maandag 8 April, uitgestuur is, moet motoriste veral uiters versigtig bestuur op die N1 buite Kroonstad en die R34 tussen Welkom en Kroonstad.



Die foto’s hierbo is Sondag by Kroonstad geneem waar ‘n brandweer van Kroonstad onder meer onder water was na die swaar reën. Foto’s: Verskaf
Alternatiewe roetes wat voorgestel is, is die R30 vanaf Bloemfontein na Allanridge, en die R721 waar mense via Vredefort en Parys dan by die N1 aansluit.
Hou asseblief by die padreëls en volgafstande, en verminder spoed.
Die R34 tussen Kroonstad en Welkom is om 12:14 vanmiddag oopgemaak, maar hou in gedagte dat die situasie mag verander afhangende van die weerstoestande.
‘n Vlak 4 waarskuwing vir swaar reën is uitgereik vir vandag en môre, Dinsdag 9 April en geld vir die Dihlabeng, Kgetlengrivier, Madibeng, Mafube, Maluti a Phofung, Metsimaholo, Moretele, Moses Kotane, Ngwathe, Nketoane, Phumelela, Ramotshere Moiloa, Rustenburg en Ventersdorp munisipale gebiede.
Reën van meer as 20-50mm is oor die laaste 24 uur oor die oostelike dele van Noordwes gerapporteer en nog reën word vandag en môre verwag.
Hou die wenke in gedagte




