Local newsNews

Polisie waarsku oor gewapende roof op dié pad

Moet onder geen omstandighede stop langs die pad nie.

Die polisie in Viljoensdrif waarsku motoriste om uiters waaksaam te wees op die Ascot on Vaal-pad vanaf Viljoensdrift na Vanderbijlpark.

Drie gevalle van gewapende roof is alreeds hier gerapporteer telkemale wanneer motoriste sou stop langs die pad onder meer om ‘n band te ruil as gevolg van slaggate.

Polisiewoordvoerder, sers. Josephine Rani sê dat vier gewapende en netjies geklede mans,  telkens die slagoffers genader het wanneer hulle sou aftrek langs die pad, en hul dan van hul persoonlike besittings beroof het

Sers. Rani sê mense moet waar moontlik onder geen omstandighede langs die pad aftrek nie, maar eerder by die Viljoensdrift polisiestasie stop sou dit nodig wees, ter wille van hul veiligheid.

Mense wat enige inligting sou hê oor die verdagtes wat betrokke was by die voorvalle, is ook gevra om die waarnemende stasiebevelvoerder van die Viljoensdrift-polsiestasie, a.o. De Beer te skakel by 82 465 3195.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button