Local newsNews

So byna veertig eenhede danksy dié spanpoging

Dankie aan elke Parysenaar wat die projek ondersteun het.

September maak ons weer so! So sê personeel van Du Toit, Butler & Olckers na die afgelope week se baie suksesvolle ‘Blood Drive’ wat in samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) aangebied is.

Die doelwit van 40 eenhede bloed is so byna gehaal, met 42 skenkers wat die dag ondersteun het, maar waarvan 35 kon skenk.

Tans skenk slegs 1% van Suid-Afrikaners bloed, terwyl daar elke 35 sekondes ‘n bloedoortapping in Suid-Afrika gedoen word, sê die Bloeddiens.

Met inisiatiewe soos dié van Du Toit, Butler & Olckers word daar ‘n verskil gemaak in tot drie lewens vir elke eenheid bloed wat vir die Bloeddiens geskenk word.

Daarom die uitdaging aan ander besighede om hul steun te wys vir die Bloeddiens.

Vrydag se bloedskenk geleentheid het ook behoorlik die monde laat water met heerlike kosstalletjies wat mense kon ondersteun, en was daar die geleentheid om by die oulike winkels in die Malan-gebou in te loer.

Related Articles

 
Back to top button