By die onlangse Noordwes rolbal enkelkampioenskappe het Faan Stoffberg die silwermedalje verower na ‘n taai stryd. Hierdie wedstryd kon enige rigting geswaai het.

Wat die gemengde pare kompetisie betref, het Magdel O’Donoque en Trevor Wright ook ‘n silwermedalje verower.

Lazuya Serfontein en Dicky vd Merwe is naelskraaps in die kwarteindronde deur Magdel en Trevor geklop.
By die klub se pare-kompetisie is die mansafdeling gewen deur Jaco Nel en Wayne van Zyl.

Tweede was Chris Wentzel en Jan Harmse, gevolg deur Dicky van der Merwe en Thys Jacobs. Al hierdie wedstryde was naelskraapse oorwinnings.Wat die dames betref het Magdel O’Donoque en Amanda Bester die eerste plek verower, gevolg deur Dalena Reynecke en Madelein Venter.

Die gees onder die toeskouers was iets om te beleef. Spontaniteit was
aan die orde van die dag, en almal het dit geniet.
Die rolbalklub se enkels kompetisie lê om die draai en die klub nooi alle belangstellendes om te kom kyk hoe rolbal nou eintlik gespeel word. Die mans speel volgende Saterdag en die mans die naweek daarna.




