Local newsNews

Haar naam is Karlien

Kyk net wie is die wenners!

Die raaiery was uiteindelik Vrydag 3 Mei verby. Die pragtige pop wie se naam geraai moes word vir die Graad R’s van Parys Primêre skool se fondsinsamelingsprojek, is Karlien. Met die fondsinsameling het deelnemers ‘n kans gestaan om ‘n kruiwa vol lekkernye ter waarde van R2 500 te wen.

Die fondsinsameling is aangebied deur die Graad R-ouerkomitee, en is honderde inskrywings met raaiskote ontvang.

Die eerste prys wenner is Tahlita Cumi van Buuren, met Van Coller Els tweede. Derde was Mckhail Visagie (afwesig op die foto). 

Die sangeres, Karlien van Jaarsveld, het ‘n video vir die skool gemaak waarin sy self die aankondiging van die pop se naam gemaak het.

Related Articles

 
Back to top button