Local newsNews

Haar naam is Karlien

Kyk net wie is die wenners!

Die raaiery was uiteindelik Vrydag 3 Mei verby. Die pragtige pop wie se naam geraai moes word vir die Graad R’s van Parys Primêre skool se fondsinsamelingsprojek, is Karlien. Met die fondsinsameling het deelnemers ‘n kans gestaan om ‘n kruiwa vol lekkernye ter waarde van R2 500 te wen.

Die fondsinsameling is aangebied deur die Graad R-ouerkomitee, en is honderde inskrywings met raaiskote ontvang.

Die eerste prys wenner is Tahlita Cumi van Buuren, met Van Coller Els tweede. Derde was Mckhail Visagie (afwesig op die foto). 

Die sangeres, Karlien van Jaarsveld, het ‘n video vir die skool gemaak waarin sy self die aankondiging van die pop se naam gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button