Local newsNews

Rioolbesoedeling in die meeste VS dorpe gesien

Die storting is bespreek in ‘n openbare verhoor van die Menseregtekommissie wat in Bloemfontein gehou is.

Die Ngwathe Munisipaliteit het begin met herstelwerk by die Oudewerf, Mbeki en Schonkenville rioolpompstasies, om die pompstasies weer funksioneel te
kry, maar daar is nog werk wat gedoen moet word om dié rioolpompstasies weer funksioneel te kry.  Gazette het vroeër berig oor die skokkende rioolstorting al vir minstens vier maande by dié wanfunksionele pompstasies wat van die grootste rioolpompstasies in Parys is.

By die Oudewerf rioolpompstasie wat oor 24 uur sekuriteit beskik, is daar vroeër ‘n elektriese paneel gesteel. Die swak instandhouding by die Mbeki-rioolpompstasie het veroorsaak dat ook dié pompstasie nie kon funksioneer nie met siwwe wat nie gereeld skoongemaak is nie en rioolafval dan laat oorstroom het in die veld in. Van die elektriese bedrading is ook gesteel ten
spyte daarvan dat ook hier ‘n sekuriteitswag is.

Rioolwater van die Schonkenville pompstasie het in die veld ingeloop
en uiteindelik in ‘n dam agter Schonkenville beland.

Rdl. Saal de Jager het die rioolstorting by die pompstasies tydens ‘n oorsigbesoek gesien en SAVE the Vaal Environment van die situasie ingelig. Dié
drukgroep het vandeesweek bevestig dat hy korrespondensie oor die aangeleentheid aan die Direkteur van die Nasionale Departement van Water en Sanitasie se moniteringsafdeling gestuur
het.

Met Departement Waterwese en Sanitasie wat bewus gemaak is van die rioolstorting, sê SAVE word gewag op die uitslag van dié departement se ondersoeke en intervensies voordat ‘n besluit geneem sal word oor of regstappe oorweeg moet word.

Die DA se Vrystaatse premierskandidaat Roy Jankielsohn het verlede week ‘n oorsigbesoek aan Parys gebring, om te kyk na plekke waar die rioolstorting gesien is.

Rdle Saal de Jager en Carina Serfontein saam met Roy Jankielsohn, die DA se Vrystaatse premierskandidaat tydens ‘n oorsigbesoek aan Parys waar gekyk is na rioolstorting weens wanfunksionerende rioolpompstasies.

 

Jankielsohn sê skokkende rioolstorting word in baie Vrystaatse dorpe gesien. Hy het die storting bespreek in ‘n openbare verhoor van die Menseregtekommissie wat in Bloemfontein gehou is.

Hy sê dat hy die kwessie van rioolstorting in die Vrystaat as
gevalle studie ook op internasionale platforms wil plaas omdat die situasie in baie dorpe vererger, en rioolwater selfs deur erwe loop.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button