Local newsNews

Samewerkingsooreenkoms na protes oor waternood

AfriForum se ingenieursverslag wat aan die munisipale bestuurder oorhandig is, sal as vertrekpunt van die partye se samewerking in die herstel van die watersuiweringsaanleg dien, is gesê.

Die erns van waterprobleme in die Parys- en omliggende gemeenskappe is Vrydag indringend bespreek tussen die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, AfriForum, Save Ngwathe, die Metsi Pompong-waterinisiatief en die Departement van Water en Sanitasie (DWS).

Dit volg op ‘n protesoptog verlede week waartydens inwoners hul frustrasie met die waterprobleme in Parys, Tumahole en Schonkenville te kenne gegee het.

Die betrokke partye by die samesprekings het onder meer besluit om saam te werk, en op die lewering van veilige drinkwater aan inwoners as ‘n saak van dringendheid te fokus. Daarbenewens het AfriForum ingestem om, op voorwaarde van samewerking, op sekere van sy hangende regsgedinge met die munisipaliteit te skik.

Die organisasie het egter aangedui dat hy gereed is om voort te gaan met regstappe as samewerking sou misluk. Die vergadering is afgesluit met Ngwathe se waarnemende munisipale bestuurder, dr. F.P. Mothamaha, wat die uitnodiging om samewerking verwelkom het.

Ngwathe se waarnemende munisipale bestuurder, dr. F.P. Mothamaha met die oorhandiging van die memorandum

AfriForum se prokureurs sal nou met onderhandelinge rakende die skikking begin. “Die uitkoms van dié vergadering is ‘n wen in die belang van die Parys-, Tumahole- en Schonkenville-gemeenskappe, en skep ruimte vir samewerking tussen die owerheid en gemeenskappe om saam aan die oplossing te werk.

Die ware oorwinning sal egter kom wanneer inwoners weer sonder huiwering of vrees die water uit Parys se krane kan drink. Ons sal nie ophou werk totdat hierdie oorwinning behaal is nie,” het Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van plaaslike regeringsake gesê.

AfriForum se ingenieursverslag wat aan die munisipale bestuurder oorhandig is, sal as vertrekpunt van die partye se samewerking in die herstel van die watersuiweringsaanleg dien, is gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button