
Na die onlangse Noordwes Enkel rolbalkampioenskappe wat op Klerksdorp beslis is, het slegs twee van Parys-rolbalklub se lede deurgedring na die finale ronde. Poena Olivier verower die silwermedalje vir mans, en Yvonne Olivier die bronsmedalje vir dames.
Die Veterane Pare kragmeting begin eersdaags en sal ons lesers op hoogte hou van die uitslae. Die beginners speel volgende naweek teen mekaar en dit behoort baie interessant te wees. Die gemeenskap is welkom om die geleentheid by te woon.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



