Local newsNews

Vandale teiken Vrystaatse erfenisskatte

Daar is reeds verskeie klagtes by die Bloemfonteinse polisie ingedien en die FAK monitor die situasie

Vroeër die maand is beelde deur die bekende beeldhouer, Danie de Jager op Hertzog-plein
in Bloemfontein deur vandale beskadig. Dit is egter net ‘n druppel in die emmer van die beskadiging van erfenisskatte in die Vrystaat, sê die Federaksie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK).

Die organisasie sê die toestand van erfenisbewaring in Suid-Afrika is ’n deurlopende probleem.

Jan-Danie Malan, die FAK se kultuurkoördineerder in die Vrystaat, sê hierdie kriminele
optrede is kommerwekkend, verál omdat die wettige prosedure om die skade te herstel dit
bykans onmoontlik maak om die agteruitgang te keer.

Jan-Danie Malan, die FAK se kultuurkoördineerder in die Vrystaat, sê hierdie kriminele optrede is kommerwekkend, verál omdat die wettige prosedure om die skade te herstel dit
bykans onmoontlik maak om die agteruitgang te keer.

“Hoewel daar erfeniswette in plek is, maak dié wette dit moeilik vir individue of gemeenskappe om uit hul eie in te gryp. Daarom is dit belangrik dat gemeenskappe moet uitreik na die FAK vir die nodige hulp en bystand,” het Malan verduidelik.

“Daar is reeds verskeie klagtes by die Bloemfonteinse polisie ingedien en die FAK monitor
die situasie en lewer bystand waar ons kan,” sê Malan.

Malan het oor die afgelope jaar reeds verskeie knelpunte in die Vrystaat geïdentifiseer en
die FAK-kultuurnetwerke is reeds besig om hiér in te gryp.

“Meer onlangs is die Afrikaner-armoede-beeld in Bloemfontein beskadig, die Vereeniging-
swembad is in ’n haglike toestand en die konsentrasiekamp in Vereeniging gaan agteruit.
Daar is groot probleme in Sannaspos, die Wêreldoorloë-gedenkplate op Hoffman is gesteel, die letters van die President Brand beeld is gesteel, Memoriam-konsentrasiekampkerkhof is aan die agteruitgaan, om maar net ’n paar te noem. Die ou presidensie in Bloemfontein was ook in ’n toestand voor die FAK en die gemeenskap ingegryp het,” sê Malan.

Agteruitgang by die Vereeniging swembad is hier duidelik
Die verwaarloosde toestand by die presidensie in Bloemfontein voordat die FAK ingegryp het

“Die FAK se kultuurnetwerke in die Vrystaat werk elke dag hard om hierdie agteruitgang en
vernietiging teen te werk, en daarom wil ons oud en jonk aanmoedig om met ons hande te
vat en te sorg dat hierdie erfenis beskerm word,” sluit Malan af.

Vir meer inligting oor die FAK-kultuurnetwerke in die Vrystaat, kan Jan-Danie Malan gekontak word by jandanie@kultuurtuiste.org.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button