Local newsNews

Vespas en vuil voete in Venterskroon

Hulle kom gereeld hiernatoe, en as jy weer oor 'n naweek die Vespas hier sien intrek - dan weet jy, hier kom weer 'n lekker vuil voete-kuier in die Vrystaatse platteland. 

Hulle noem hulself die Chicken Runners. Manne met ‘n passie vir Vespa-bromponies waarmee hulle die land vol toer.  Die afgelope naweek is daar koers gekies op die stofpad Venterskroon toe om hier in die hart van die Vredefort Koepel se ongerepte natuurprag te kom asem skep langs die braaivleisvuur, en ‘n tentjie staan te maak onder die sterrehemel.

Plek vir baie bagasie is daar nie – net dit wat pas op die bromponie – jou tent, ‘n tandeborsel en ‘n skoon onderbroek of twee. Die res los jy, gesels hulle vroegoggend toe hulle stop vir petrol en ‘n ‘pie’ voor hulle die pad vat huis toe.

Die vuil voete toere doen hulle al die afgelope dertien jaar, en een maal per jaar is dit tyd vir die lang pad vir ‘n weldaad. Dan word daar ver gery om ‘n welsynsorganisasie of iemand in nood te help.

Passie vir die Vespas het nie ‘n ouderdomsperk nie. Die oudste onder hulle –  die 93-jarige Jannie Alberts van Roodepoort. Jannie se seun, Gerrie ry ook, en so ook sy kleinseun en jongste van die groep, die 30-jarige Wayne Alberts .

Sakkie Pottas met die oudste Vespa wat die naweek saamgetoer het – ‘n 1964 Vespa Sprint.
Danie Roode wys trots sy volstruisleer sitplek op sy Vespa

 ‘n Bystandvoertuig ry altyd saam net vir in geval ‘n  bromponie  ‘moeg’ raak, en vir die kleinighede wat ‘gefix’ kan word het hulle selfs hul eie ‘mechanic’ wat saam toer.

Dié 1979 Vespa 200 PX is nog een van die oudste Vespas wat die naweek se rit Venterskroon toe gery het.

Hulle hou van Parys, gesels die groep Vespa-manne. Hulle kom gereeld hiernatoe, en as jy weer oor ‘n naweek die Vespas hier sien intrek – dan weet jy, hier kom weer ‘n lekker vuil voete-kuier in die Vrystaatse platteland.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button