Parys Hoër maak geskiedenis vir Valke-finaal
Ons hou styf duim vas vir die tweede span se wedstryd Donderdag.
Hoërskool Parys maak vanjaar geskiedenis met vier van sy rugbyspanne wat in die finaal van die Valke-afdeling 4 liga speel.Die spanne wat deur is na die finaal is die skool se eerste span, tweede span, o.16’s en die o.15’s
Parys se eerste span het in die semi-finaal gelykop gespeel met 12-12, maar omdat Parys die eerste drie gedruk het, is Parys deur na die finaal.
Parys se tweede span wen in diesemi-finaal teen Anker met 17-0. Die o.16’s wen Suiderlig 29-12, en die o.15’s het Voortrekker in die semi-finaal 43-29 geklop.
Die tweede span speel hierdie week, Donderdag 13 Junie in die liga-finaal teen Benoni op Hoërskool Belvedere se velde.

Parys se eerste span, 016’s en o.15’s speel volgende kwartaal hul finale wedstryde Die wedstryde vind plaas op 13 Julie op Hoërskool Brandwag se sportgronde wanneer hulle teen Hoërskool Elspark van Germiston te staan kom.
Parys se eerste span, o.16’s en o.15’s kwalifiseer dan ook vir die Noordvaal-reeks met die eerste kwartfinale wat op 20 Julie gespeel word teen die Leeus en die Pumas.




