Local newsNews

Uitstaande kliëntediens verdien erkenning

Onthou nominasies sluit 27 Junie.

Daar bly nou nog net meer as twee weke oor vir nominasies vir uitblinker sakelui in Parys vir die Best of Parys Readers’ Choice toekenning. Met die toekenning gee MooiVaal Media vanjaar vir die eerste keer erkenning  aan besighede in Parys wat uitstaande kliëntediens lewer.

In ‘n tyd waar verbruikers dikwels moedeloos is met swak diens, is dit besighede wat daardie ekstra myl loop vir kliëntediens wat juis erkenning verdien.

Daar is heelwat van hierdie besighede in Parys wat nie net  ‘n deurslaggewende rol speel om werk te skep nie, maar die dorp se ekonomiese wiele aan die rol hou, en jou telkens verras met vriendelikheid, hulpvaardigheid en uitstaande diens en integriteit.

Heelwat nominasies is reeds in die onderskeie kategorieë ontvang, en het lesers nog tyd tot 27 Junie om hul stem te laat hoor. Let daarop dat die kompetisie in digitale formaat is, en dat slegs digitale nominasies aanvaar word. Sodra nominasies gesluit het, sal lesers aanlyn stem vir die wenners in die onderskeie kategorieë.

Onthou jy mag meer as een onderneming in ‘n kategorie nomineer. Jy kan ook besighede in verskeie kategorieë nomineer.

Of dit koffiewinkels, restaurante, gastehuise, apteke, ‘n kunsgalery, loodgieter of hardewarewinkel, eiendomsagentskap of enige ander private onderneming is. Nomineer jou gunsteling ondernemings in Parys sommer nou om ook aan hulle erkenning te gee met hierdie positiewe projek.

Besoek die aanlyn nominasieblad by https://www.citizen.co.za/parys-gazette/best-of-parys/of skandeer die QR kode wat jou direk na die inskrywingsvorm neem.

Onthou nominasies sluit 27 Junie, en jy kan slegs deur middel van die digitale nominasievorm die besighede van jou keuse nomineer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button