Local newsNews

Konsentrasiekampdag met besondere program dié naweek gevier

Bring jou kampstoel en kom beleef hierdie besondere dag.

Konsentrasiekamp Dag word Sondag 16 Junie in die Vereeniging Konsentrasiekamp begraafplaas vanaf 10:00 gevier met ‘n kort diens en program.

Die besondere program word aangebied deur die FAK-Kultuurnetwerke in samewerking met GGSA Vaal, die Voortrekkers, Chalkboard Champs en vriende van die kultuur en geskiedenis.

Bring jou kampstoel en wees deel van die dag wat beloof om ‘n besondere belewenis te wees.
Aankoms is vanaf 09:30 met die vlagseremonie om 10:00. Daarna volg die opening en boodskap, waarna die Chalkboard Champs sal optree.

Kom luister na ‘n boeiende geskiedenis vertelling, en wees deel van die boomplantseremonie, kranslegging, saamsing van volksliedjies en sweepklap.

Na die program sal daar saam gebraai word.

Die Vereeniging konsentrasiekamp begraafplaas is regoor Hinterland. Die GPS koördinate is S266759 E27.9134.

Vir meer inligting skakel Gys by 082 934 8017, Mark by 084 860 2858, of Jan-Danie by 082 965 7002
As jy graag die dag wil bywoon, bevestig bywoning by 082 965 7002

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button