Local newsNews

Vlamme van verwoesting vreet historiese landdrosgebou op

Die historiese gebou was die ou woning van die landdros, waarna dit gebruik was as ’n  tydelike landdroskantoor en later ook as poskantoor.

Na ’n verwoestende brand op Saterdag 8 Junie lê nóg ’n nasionale gedenkwaardigheid, die ou Landdroskantoor op Utrecht, KwaZulu-Natal, in puin.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het hiervan verneem na Nico Moolman, ’n besorgde inwoner en geskiedeniskenner en ‘n getroue vriend van die FAK, die organisasie hiervan in kennis gestel het.

Die FAK het vanjaar reeds verskeie voorbeelde van hierdie tipe verwoesting regoor die land geïdentifiseer en sê dit is tragies om te sien dat erfenisskatte soos hierdie 1892-gebou in die slag moes bly.

Die historiese gebou was die ou woning van die landdros, waarna dit gebruik was as ’n  tydelike landdroskantoor en later ook as poskantoor.

Die ou landdroskantoor op Utrecht voor die brand

Moolman het aan die FAK verduidelik dat die brand vermoedelik uitgebreek het as gevolg van sluipslapers wat in dié gebou vuur gemaak het.

Hy het verder sy kommer uitgespreek dat daar verskeie erfenisskatte op die dorp is wat gebuk gaan onder vandalisme en diefstal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button