Twee sterf in gru busongeluk
Dit is nie bekend wat die oorsaak van die ongeluk was nie.

‘n Busongeluk die naweek tussen Villiers en Frankfort, het die lewens van twee mense ge-eis.
Die ongeluk het laat Saterdagmiddag gebeur. Naas die twee oorledenes is 5 insittendes van die bus kritiek, ses ernstig beseer en 19 met minder ernstige beserings na nabygeleë hospitale vervoer. Daar was geen ander voertuie in die ongeluk betrokke nie.
Die bus het teen ‘n brugpilaar gebots. Dit was nie met die skryf van die berig bekend wat die oorsaak van die botsing was nie.
*Motoriste word daarop gewys dat ‘n gedeelte van die N1 vandag, Dinsdag 18 Junie tussen 16:00 en 17:00 sowat 3km buite Ventersburg in die rigting van Kroonstad gesluit sal wees vir skietwerk (blasting) om klip te breek. Daar word voorsien dat die skietwerk net 15 minute sal duur, maar dit kan tot ‘n uur neem voordat die pad oopgestel word vir verkeer.



