Local newsNewsSport

Goud vir blitsige Renier

Ons hou styf duim vas vir vanaand se wedloop.

Renier de Villiers het Sondag, 16 Junie sy eerste goud losgehardloop in die Europese Internasionale Continental Toer. Hy het boonop met dié wedloop sy persoonlike beste tyd vir die seisoen gehardloop met ‘n tyd van 146:49.

Vir dié oudskolier van Parys is sy grootste droom om vir die Olimpiese Spele te kan kwalifiseer.

Renier het op 8 Junie saam met drie spanmaats na Europa vertrek waar hy op 15 Junie
aan sy eerste byeenkoms in HeusedenZolder deelgeneem het.

Daar behaal hy ‘n 3de plek in die 800 m, kort voor sy wenplek op 16 Junie in Nivelles.

‘n Handtekening vir ‘n jong bewonderaar nadat Renier goud verower het

Renier neem vanaand, Woensdag 19 Junie om 20:25  deel in Nembro, Italië. Jy kan die wedloop volg op https://www.watchathletics.com

Hy sal ook op 22 Junie in België in aksie wees.

Die toer duur tot 14 Julie, waarna hy en sy spanmaats op 15 Julie na Suid-Afrika terugkeer.

Renier is deel van die Potchefstroomatletiekklub en word
afgerig deur Jean Verster na wie Renier verwys as sy ‘smart coach’.

Renier (regs) na sy oorwinning

Hy is die seun van Johan en Alwin de Villiers van Parys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button