Local newsNews

Vrou se liggaam van krans af gehaal na urelange reddingsoperasie

Die vrou het 40m ver na haar dood geval toe sy oënskynlik te voet onderweg was na die Lesotho-grens.

Die liggaam van ‘n 30-jarige vrou is Vrydagnag na ‘n uerlange  reddingsoperasie by Fouriesburg naby aan die Lesotho-grens van ‘n krans afgehaal nadat sy 40m ver geval het.

Agt lede van die Dihlabeng Nood Mediese span, speurders van Behlehem, en lede van die Bethlehemse buurtwag het gehelp met die gevaarlike reddingsoperasie, het Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid gesê. ‘n Hommeltuig is  deur die Bethlehemse Buurtwag gebruik om vas te stel waar die liggaam is om die reddingspan se taak te vergemaklik.

Voorlopige aanduidings is dat sy vermoedelik te voet van Fouriesburg na die Lesotho-grens gevlug het, toe sy geval het.

Die dapper optrede van vrywilligers, nooddienspersoneel en die polisie het verseker dat die oorledene met waardigheid begrawe kan word deur haar familie, het Mvambi gesê.

Die Vrystaatse LUR vir gesondheid, Monyatso Mahlatsi het die onbaatsugtige toewyding van die reddingspan geloof.

Daar is ook bevestig dat die polisie besig is met die ondersoek na die tragiese voorval.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button