Local newsNews

Oudpresident Donald Trump gewond in skietvoorval

Die Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI) het reeds die persoon betrokke by die skietvoorval geïntifiseer

Twee mense is dood, en dIe oud Amerikaanse president Donald Trump en nog twee ander gewond in ‘n skietvoorval Saterdag, kort nadat hy met sy toespraak begin het by ‘n byeenkoms  in Butler, Pennsylvania. Die koeël waarmee Trump geskiet is het die boonste deel van sy regteroor deurboor.

Een van die oorledenes is die 20-jarige man wat die skote afgevuur het.  Die skote is klaarblyklik afgevuur van buite die gebied wat beveilig was.

Die 78-jarige Trump is die Republikeinse presidentskandidaat in vanjaar se Amerikaanse presidentsverkiesing wat op 5 November sal plaasvind.

Sluipmoordaanvalle in die verlede 

Vier Amerikaanse presidente, Abraham Lincoln (1865), James Garfield (1881), William McKinley (1901) en John F. Kennedy (1963) was in die verlede slagoffers van sluipmoordaanvalle

In 1981 was daar ‘n poging tot moord op die Republikeinse president Ronald Reagan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button