Local newsNews
Pad weer oop na betogings by Edenville
Daar is steeds polisie-teenwoordigheid om die situasie te monitor

Die polisie en lede van Openbare Orde Polisiëring monitor steeds die situasie in die Ngwathe dorp, Edenville, nadat betogers laat vanmiddag die pad by Edenville in beide die Heilbron en Kroonstad rigtings met klippe en brandende bande versper het
Die pad was teen 22:12 skoongemaak en weer oop vir verkeer. Die polisie sal egter deurentyd die situasie monitor.
Die ongelukkigheid gaan klaarblyklik oor onderhandelings oor kontrakte.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



