Local newsNews

Gemeenskap loop die ekstra myl vir sentrum-inwoners

Hoërskool Parys en die gemeenskap het hande gevat om skoene bymekaar te maak vir die sentrum se inwoners.

n Totaal van 103 pare skoene is aan Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys oorhandig danksy die Tekkies Brand-projek wat saam met leerders van Hoërskool Parys aangepak is om seker te maak dat niemand in hierdie koue sonder skoene sal wees nie.

Parysenaars kon verlede week bydra tot die projek, en is fluks gehelp om die skoene  te sorteer en gepas te kry vir die sentrum se inwoners.

Die skoene is gesorteer en gepas om seker te maak dat niemand in hierdie koue sonder skoene sal wees nie. Foto verskaf deur Wian Viviers
Blydskap sonder perke toe die skoene wat met projek Tekkies Brand ingesmael is, aan Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum oorhandig.Foto verskaf deur Wian Viviers

Die skoene wat oor is gaan na daar waar nood is onder hoërskoolleerders.

Dankie vir elke leerder wat bygedra en gehelp het met die projek, die Parys-gemeenskap wat hul harte oopgemaak het vir die sentrum, Chané Grimbeek vir die inisiatief en hulp met die projek, en Wian Viviers vir die bemarking en skakeling met die skool om van die projek ‘n sukses te kon maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button