Skoolbiblioteek uitgebrei met bring-‘n-boek projek
Daar is ook tydens die projek geleentheid gegee vir boekuitstallers om by die skool uit te stal
Leerders van Primêre Skool Parys het die afgelope paar weke geesdriftig deelgeneem aan ‘n projek onder leiding van die skool se ouerkomitee om die leerders bewus te maak van die skoolbiblioteek, en kinders aan te moedig om te lees.
‘n Kompetisie is gehou waarmee leerders boeke vir die biblioteek kon skenk, om dan in aanmerking te kom vir ‘n gelukkige trekking wat op 26 Julie gehou is.
Aan die einde van die projek is ‘n totaal van 550 boeke vir die skoolbiblioteek geskenk. Daar is ook tydens die projek geleentheid gegee vir boekuitstallers om by die skool uit te stal en het Ben Duffy en Renske Kruger van Smartkids die skool van 10-12 Julie besoek.


Dankie aan die ouers en leerders wat met die projek gehelp het om die skoolbiblioteek uit te brei.



