
Meer as 2 000 nominasies van ons lesers is ontvang vir by die 300 sakeondernemings in Parys in die onderskeie kategorieë vir die Best of Parys projek waarmee daar vanjaar vir die eerste keer gespog word met ons plaaslike sakeondernemings wat uitstaan waar dit kom by diens en kliënte tevredenheid. Besighede wat deur ons lesers raakgesien is vir die ekstra myl wat geloop word.
Nou het hierdie besighede jou stem nodig om die wenners in elke kategorie te bepaal.
Onthou dat jy daagliks vir die besigheid van jou keuse kan stem tot en met 23 Augustus.
Dit is ‘n aanlyn kompetisie en jou stem tel slegs as jy die aanlyn stemvorm invul.
- Jy kan in meer as een kategorie stem vir die besighede van jou keuse.
- Jy kan egter net vir een onderneming in elke sub-kategorie stem.
- Al het jy reeds gestem kan jy aanhou om daagliks te stem.
Om te stem is so maklik soos om die aanlyn-skakels vir die onderskeie kategorieë te volg wat jou direk na die stemvorm neem, of deur die QR-kode te skandeer wat in hierdie week se Best of bylae in Parys Gazette gegee word asook hieronder.
Duidelike instruksies van hoe jy te werk gaan om ‘n QR-kode te skandeer, word ook in die bylae gegee sou jy onseker is oor hoe dit werk.
Hieronder is die QR-kode wat jy kan skandeer om by die stemblad te kom vanwaar jy na die onderskeie afdelings kan gaan om te stem.
Hier is die onderskeie skakels na die hoofblad en die kategorieë sou jy verkies om eerder die skakels te volg of met kliënte/lesers te deel:
Hoofblad
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/best-of-parys-voting/
Kategorieë
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/eat-drink/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/health-beauty/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/automotive/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/retail/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/hospitality/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/services/
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/home-improvements/
Dankie aan elkeen van ons lesers en adverteerders wat die projek van MooiVaal Media ondersteun om ook erkenning te gee aan ons plaaslike sakeondernemings wat staatmaak op JOU ondersteuning.
ONS IS TROTS PARYS!!!