Local newsNews

Wêreldkampioenskap-hoogtes vir gedugte SA-sweeftuigspan

Groot eer vir dié twee Suid-Afrikaners

Die 33-jarige Riaan Denner van Parys is tans by die FAI Wêreld Sweeftuigkampioenskappe in Uvalde, Texas, waar hy saam met spanmaat, Dirk Coetzee in ‘n Arcus M aan die 20m 2-sitplek klas deelneem. Sestien spanne van regoor die wêreld ding vanjaar mee in dié klas.

Dit is reeds die tweede keer dat Riaan gekies is om sy land by die wêreldkampioenskappe te gaan vertenwoordig. Hy het twee jaar gelede by die wêreldkampioenskappe in Hongarye saam met sy spanmaat Oscar Goudriaan, ‘n tweede plek verower. Vanjaar is die 38ste sweeftuig wêreldkampioenskap en ding deelnemers mee in drie klasse.

Riaan het op 16-jarige ouderdom begin sweeftuig vlieg. Oor die jare het dit ‘n stokperdjie geword waarvoor hy ‘n groot passie het. Hy werk as toetsvlieënier vir Sling Aircraft in Johannesburg.

Sy spanmaat, Dirk, bly in Dubai, maar is ‘n gebore Suid-Afrikaner wat as vlugkaptein vir Emirates Lugdiens werk.

Riaan Denner en Dirk Coetzee by die FAI Wêreld Sweeftuigkampioenskappe in Texas.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button