Local newsNews
So byna 160 000 stemme vir besighede wat die ekstra myl loop
Dankie Parys vir die oorweldigende ondersteuning om erkenning te gee aan ons plaaslike sakelui.
Nie minder nie as 159 471 stemme is gekry van lesers vir die bykans 300 besighede in Parys wat genomineer was vir MooiVaal Media se eerste Best of Parys-toekennings waarmee daar erkenning gegee word aan plaaslike sakelui waar dit kom by diens by uitnemendheid.
Finaliste van die kompetisie sal eersdaags hul uitnodigings ontvang vir die gala ontbyt-geleentheid waar die spog-toekennings oorhandig sal word. Die geleentheid vind plaas op 12 September.
Baie dankie aan ons lesers, en genomineerde sakeondernemings wat so geesdriftig deelgeneem het.
Wat uitgestaan het is dat Parys ongetwyfeld besighede het waarop kliënte trots is, en sal aanbeveel omdat hier die ekstra myl geloop word vir kliëntediens en tevredenheid.
Ons is trots Parys!