Hier is skoongemaak by Grewarlaan
'n Beroep word weer op mense gedoen om nie rommel in parke, sypaadjies en langs die rivieroewer te stort nie.

Die Ngwathe munisipaliteit het vandag ook langs Grewarlaan skoongemaak waar haweloses ‘n geruime tyd gebly en baie rommel gestrooi is.
Dit volg nadat daar klagtes oor die omgewing ontvang is, sê rdl. Marinda Matthyssen-Engelbrecht wat die munisipaliteit gekontak het.
Dankie aan rdl. Noma Moloi, lid van die burgemeesterskomitee vir openbare veiligheid en vervoer, en mnr Choechoe hoof van Ngwathe se sekuriteit wat gehelp het met die aksie.



Die munisipaliteit het onlangs ook ‘n groot skoonmaakaksie langs die rivier in Oranjestraat geloods waar die Parke-afdeling riete verwyder het, bome gesnoei, en die terrein ontbos en skoongemaak het.
‘n Beroep word weer op mense gedoen om nie rommel in parke, sypaadjies en langs die rivieroewer te stort nie.



