Local newsNews

84-Jarige oorwin kanker en ‘n wedloop

Haar boodskap aan ander vroue, veral dié wat ook deur kanker gaan, is eenvoudig maar kragtig, "Bly positief en glo. Wees trots op jouself en dank die Here."

Vir die 84-jarige Susan Borman (84), ‘n inwoner van Ons Tuis Seniorstuis in Pretoria, was haar deelname aan ‘n kankerwedloop meer as ‘n oorwinning, want dié wedloop was vir haar ‘n bewys van haar veerkragtigheid en geloof, nadat sy vroeër borskanker oorwin het.

“Toe ek uitvind ek het borskanker, was ek baie ontsteld,” sê Susan. “Vir vyf maande daarna het ek elke week gegaan vir ‘n ondersoek en geen hulp gekry nie. Ek wou moed opgee, maar een nag het ek ‘n droom gehad wat my hele lewe verander het na positiwiteit. Daarna het ek goeie behandeling gekry en kyk nog nie een dag terug nie.”

Deur hierdie moeilike tyd het Ons Tuis se inwoners en personeel Susan ondersteun en in hul gebede gedra. Hierdie ondersteuning het haar grootliks gehelp om positief te bly en aan te hou glo in haar herstel.

Susan se liefde vir stap en haar sterk wil het haar ook gelei om aan die kankerwedloop deel te neem. Sy vertel dat dit haar manier was om vir haarself en haar mede-inwoners by Ons Tuis te wys dat sy steeds sterk is, ongeag haar uitdagings. “Die feit dat ek die wedloop kon voltooi en ‘n medalje ontvang het, was vir my ‘n groot oorwinning.”

Susan saam met haar ondersteuners_

Haar deelname aan die wedloop het haar nie net fisies sterker gemaak nie, maar ook haar geloof verdiep. “Die deelname het vir my gewys dat die Here met my is en dit het my sterk gehou, fisies en emosioneel.”

Haar boodskap aan ander vroue, veral dié wat ook deur kanker gaan, is eenvoudig maar kragtig, “Bly positief en glo. Wees trots op jouself en dank die Here.”

Haar familie en vriende is buitengewoon trots op haar en vir haar is hierdie wedloop en haar stryd teen kanker twee van haar grootste oorwinnings.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button