So lyk ons matriekrok-wenners
Dankie aan al ons pragtige matriekmeisies wat ingeskryf het, ons borge, en lesers wat met jul stemme gehelp het om die wenrokke aan te wys.

Charné Strydom is deur lesers aangewys as die wenner van MooiVaal Media/Parys Gazette se matriekrok-kompetisie, met Kyla Jardim in die tweede plek, en Yaoundé Litchfield in die derde plek.
Lesers het met groot entoesiasme gestem vir die matriekrokke van hul keuse met die aanlyn-kompetisie wat vanjaar vir die eerste keer vir matrikulante in Parys, Vredefort en Viljoenskroon aangebied is.

‘n Totaal van 1 538 stemme is vir die 23 rokke ontvang wat ingeskryf was vir die kompetisie.
Die pryse word Dinsdagoggend aan ons wenners oorhandig, en sal foto’s van die wenrokke ook in hierdie week se Gazette gepubliseer word. Kyk uit vir die berig waarin die wenners vertel wat hul drome en inspirasie vir hul matriekrokke was.





