Local newsNews
Vermiste vroue se liggame gekry
Die vroue was sedert Vrydagaand vermis na 'n aanval op hul kleinhoewe.
Die soektog na twee vroue wat Vrydagaand tydens ‘n aanval op hul kleinhoewe in Eikenhof ontvoer is, het vanmiddag tragies geeïndig toe hul liggame is in ‘n oopgroefmmyn by Eikenhof, suid van Johannesburg gekry is. Hester Flemming (52) en haar ma Cecilia (82) was sedert Saterdagoggend vermis.
‘n Isuzu dubbelkajuisbakkie en RAV4, twee vierwielmotorfietse, ‘n veldrymotorfiets, vrieskaste en TV is tydens die aanval gesteel.
Daar is sedert hul verdwyning onverpoosd na die vroue gesoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



