Local newsNews

Rocco kielie klavier-klawers vir bejaardes

Die talentvolle Rocco de Villiers het die klavierklawers gekielie tydens ‘n genotvolle kuieroggend in Parys wat deur die plaaslike tak van Solidariteit Helpende Hand aangebied is by Najaarsrus, as fondsinsameling vir bejaardes. Met sy kenmerkende styl het dié bekende Suid-Afrikaanse pianis en komponis nie net vermaak met sy pittige sêgoed nie, maar die een na …

Die talentvolle Rocco de Villiers het die klavierklawers gekielie tydens ‘n genotvolle kuieroggend in Parys wat deur die plaaslike tak van Solidariteit Helpende Hand aangebied is by Najaarsrus, as fondsinsameling vir bejaardes.

Met sy kenmerkende styl het dié bekende Suid-Afrikaanse pianis en komponis nie net vermaak met sy pittige sêgoed nie, maar die een na die ander treffer op die klawers laat hoor. Die saal was ‘n prentjie van kleur en daar was groot dank vir Avbob as borg, asook die oop harte van die gemeenskap wat die oggend ondersteun en bygedra het tot die sukses daarvan.

Rocco de Villiers het harte geraak, en daar is tougestaan vir ‘n foto saam met dié talentvolle kunstenaar.

Solidariteit Helpende Hand lewer ‘n waardevolle bydrae in die gemeenskap. Jy kan gerus ook die Mamma Mia produksie gaan kyk wat op 8 en 9 November by Najaarsrus te siene is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button