Local newsNews

Waar is my pa se graf?

"Ek is so ontsteld en so hartseer. Mens weet nou glad nie of die grafsteen net bo-op my pa se graf gesit is, en of die ander persoon daar begrawe is nie."

Martin Grobbelaar is vreeslik ontsteld en hartseer, en eis antwoorde van die munisipaliteit oor waar sy pa se graf is. Martin se pa, Schalk Willem Petrus Grobbelaar, is in 2007 oorlede en is 15 September 2007 in die Parys begrafplaas begrawe.

Martin, oorspronklik van Natal, het onlangs na Parys verhuis en wou sy pa se graf gaan besoek het. Tot sy groot skok, het hy met sy besoek ‘n ander persoon se grafsteen op sy pa se graf gekry. “Ek was nie seker of ek self die graf gaan kry nie en het die begrafnisondernemer, wat in daardie stadium my pa se begrafnis hanteer het, gekontak. Hulle het my met ‘n grafnommer voorsien en het ook een van hulle personeel gestuur om my te vergesel om die graf op te spoor,” vertel Martin.

Met Martin se aankoms by die begrafplaas, was hy geskok om te sien dat die grafnommers nie op mekaar volg nie en dat die grafnommers skeef loop in plaas daarvan om in ‘n reguit lyn te loop.

Ten uit einde wat hulle die korrekte grafnommer opspoor, het hulle met ‘n skok besef dat iemand anders se grafsteen op Martin se pa se graf opgerig is.

“Ons het hulp van die munisipale werkers gevra, maar kon geen antwoord kry nie. Een van hulle het bo-op my pa se graf gaan staan. Dit is toe wat daar ‘n rusie ontstaan en ek net besluit het om die pad te vat,” sê Martin. Martin het by die munisipaliteit gaan navraag doen, waarby hy glo ingelig is dat die mense wat die grafsteen opgesit het, dit sonder toestemming gedoen het.

“Ek is so ontsteld en so hartseer. Mens weet nou glad nie of die grafsteen net bo-op my pa se graf gesit is, en of die ander persoon daar begrawe is nie. Ons weet nie of my pa wel daar begrawe is nie. Dit is ‘n agt-voet diep graf omdat ons my ma by my pa wou begrawe het. Die bekommernis is nou of die persoon bo-op my pa begrawe is,” sê hy.

Die munisipaliteit is vir kommentaar genader en Steve Naale, Ngwathe se munisipale woordvoerder, het aangedui waar die familie navraag kan doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button