Local newsNews

Moenie weggooi nie – help ons kinders!

Elke potlood en elke pen kan 'n verskil maak. Help ons om ons kinders te help.

Dié tyd van die jaar is die tyd wat kaste reggepak word en ontslae geraak word van al daardie dinge wat rondlê en kaste volmaak.

Met die skooljaar so byna op sy kop, is dit ook  tyd vir voorraadopname om te sien wat daar is en wat kort voor die nuwe skooljaar se skryfbehoeftelysied gekoop  word.

Al daardie kort potlode, halwe stelle inkleurkryte en uitdraaikryte, kleiner stukkies uitveërs, ekstra liniale en skêre en selfs boekoortreksels wat jy nie gebruik het nie.  Moenie weggooi nie! Alles wat  rondlê, kan ‘n ander help wat nie het nie, want skryfbehoeftes is duur. Vir baie ouers is dit nie meer moontlik om skryfbhoeeftes te kan aanskaf nie,

Parys Gazette pak vanjaar die PenBuddy-projek aan in samewerking met ons skole en kleuterskole in die dorp. Met dié projek kan jy al die skryfbehoeftes by die kantoor of huis waarvoor jy nie meer nut het nie en wat nog in ‘n redelike, werkende toestand is, skenk vir die projek. ‘n Boks met ‘n mengelmoes van skryfbenodighede wat kinders mag nodig hê sal dan met die skenkings wat ontvang word, volgemaak en teruggegee word aan ons skole.

Die gedagte is dat elke kind wat op ‘n dag nie skryfbehoeftes het om mee te kan werk nie,  die vrymoedigheid moet hê om in die boks die skryfbehoefte wat nodig is, te kan neem.

Dink het hoeveel dit kan help as ‘n inkleurpotlood wat dalk net een maal nodig is om ‘n prentjie in te kleur hier gekry en dan weer teruggeplaas kan word in die boks, om ‘n ouer te help wat nie ‘n stel potlode kan gaan koop nie.

PenBuddy bokse is by PCS, Bumble Tots, Dome Intermediate School en Die Klerekas skoolklerewinkel in Waterstraat.. Stuur daardie ‘odds’ en ‘ends’ penne en potlode vir die projek na deelnemende skole of gee wat jy het by die kantoor of huis wat jy kan  afstaan, af by Die Klerekas se PenBuddy Boks. Jy kan dit ook neem na Parys Info-kantoor.

Elke potlood en elke pen kan ‘n verskil maak. Help ons om ons kinders te help.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button