Local newsNews

Wêreldklaskonsert op die platteland

Vanjaar is die eerste jaar dat twee konserte aangebied sal word.

Die Deo Gloriakoor onder leiding van Erna Rademan en Marli Krüger, bied op 23 en 24 November weer hulle gewilde Kerskonsert in Vredefort se NG Kerk aan.

Dit is inderdaad ongewoon vir ‘n plattelandse gemeenskap om oor so ‘n uitstekende koor te beskik. Sedert die eerste Kerskonsert in 1998, het die koor gegroei tot ongeveer 60 koorlede wat die volle spektrum van die gemeenskap verteenwoordig: van jonk tot ervare, van professionele beroepslui tot afgetrede koorentoesiaste.

Die konsert bied wêreldklas-musiek in die hartjie van die Vrystaatse platteland, en daar is  musiek vir elkeen se smaak. Klassieke puriste kan hulle verlustig in Cantate Domino van Enrico Bossi en die Kyrie uit Schubert se tweede mis, terwyl meer kontemporêre musiek ook aangebied word in Carol of the Drum en Hierdie Kind. ‘n Hoogtepunt is altyd die samesang waar die volle glorie van orrel, ‘n paar honderd stemme en orkesinstrumente vir hoendervleisoomblikke sorg.

Die koor word ondersteun deur immergewilde sopraansolis, Marguerite van Wyk, trompetsolis Renier Holtshauzen en orrelis Johan Botes, tans ‘n musiekdosent en uitvoerende kunstenaar uit die VSA. Dan is daar natuurlik die strykorkes van Bloemfontein, Bochabela Strings, wat verdere luister aan die produksie verleen.

Kaartjies kos slegs R130 vir volwassenes en R50 vir jong kinders (tot graad 7) en is beskikbaar by koorlede, Liewerkoffi en La Vie en Rose in Parys. Skakel Erna Rademan by 082 565 1085 vir meer inligting of kaartjies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button