Local newsNews

Vlamme woed om speelpark-klimraam

Die brand is vinnig geblus.

‘n Brand vroeër vanmiddag by die klimraam in die park in Eerstelaan is vinnig deur die Ngwathe Brandweer- en Nooddiens geblus nadat hulp op ‘n noodgroep gevra is.

Die brandweer was vinnig op die toneel, en is niemand in die brand beseer nie.

Personeel van Ngwathe se Brandweer en Reddingsdiens besig om die brand te blus in die speelpark in Eerstelaan. Foto: Liezl Scheepers
Personeel van Ngwathe se Brandweer en Reddingsdiens besig om die brand te blus in die speelpark in Eerstelaan. Foto’s: Liezl Scheepers

Presies drie jaar gelede is daar hande gevat om dié parkie reg te maak danksy ‘n inisiatief van MooiParys, met die hulp van gewillige hande en oop harte. Vir weke is daar hard gewerk om die vullis wat voorheen gesaai was in die parkie weg te ry. Die lang gras is gesny en Pula Build it het gehelp om die  klimraam te herstel en te verf.

Vanmiddag het bolle swart rook in die lug gehang waar die bande om die klimraam gebrand het.

Tydens die wintermaande wanneer dit nie reënseisoen in groot dele van die land is nie, is die gevaar vir grasbrande altyd hoër. Juis daarom moet jy onder geen omstandighede oop vure maak nie. Wees veral bedag op winderige weerstoestande wat ‘n brand vinnig buite beheer kan laat woed. Selfs ‘n sigaretstompie wat neergegooi word in ‘n veld, of vonke as gevolg van die gebruik van sekere gereedskap kan in ‘n oogwink ‘n brand veroorsaak.

Ngwathe Brandweerdiens kontaknommers:

082 909 3464

067 424 2372

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button