Local newsNews

Gospelfees om kinders ‘n plek van veiligheid te gee

Daar word 6 500 mense by die Gospelfees verwag.. Alle fondse wat ingesamel word gaan vir die VVA se huis van veiligheid in Parys.

Skokkende syfers uit Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se jaarverslag wys dat 64 kinders van Parys in die 2023/24 finansiƫle jaar uit hul ouerhuise verwyder moes word weens verwaarlosing of mishandeling. Van diƩ syfer moes daar vir 34 kinders vanaf Januarie vanjaar plek gesoek word in huise van veiligheid.

Die hartseer realiteit is egter dat maatskaplike werkers sukkel om geskikte huise te kry om hierdie kinders onmiddellik te kan plaas, vertel Sanette Boonzaier, gemeenskapskoƶrdineerder by VVA. Jeugsorgsentrums of kinderhuise soos dit vroeĆ«r bekend was – van sover as Welkom tot Bloemfontein, is oorvol.

Vir babas is dit makliker om ‘n tydelike heenkome te vind, sĆŖ Sanette, maar vir ouer kinders is dit ‘n bykans onbegonne taak om ‘n tydelike hawe van veiligheid te vind. ‘n Geskikte huis sentraal geleĆ« naby skole in Parys, is intussen deur die VVA geĆÆdentifiseer, maar fondse is nodig om die huis te koop, in te rig en deurlopend te voorsien in al die behoeftes van kinders wat hier tydelik in die sorg van ‘n huismoeder geplaas moet word. Sanette verduidelik dat wanneer kinders weens omstandighede uit hul ouerhuise verwyder moet word, word hulle vir ‘n maksimum periode van drie maande in ‘n huis van veiligheid geplaas, waarna die hof kan besluit om die kind weer in die sorg van ‘n ouer of familielid te plaas. So nie moet die kind oorgeplaas word na ‘n jeugsorgsentrum. Die tydperk in ‘n huis van veiligheid kan wel verleng word as die maatskaplike werker se verslag nie afgehandel is nie.

Daarom sou die ideaal wees om indien die droom van ‘n huis van veiligheid vir Parys realiseer, dit van die begin as Jeugsorgsentrum te kan registreer, verduidelik Sanette.

Om te help om hierdie droom te verwesenlik, word ‘n Gospelfees op 16 Desember by die AfriDome in Parys gehou. Die fees word aangebied deur die Golden Thread Foundation NPO.

Gemeenskap se harte oop:
Vandat mense bewus geraak het van die VVA se dringende nood vir ‘n huis van veiligheid in Parys, het mense hul harte oopgemaak. Daar is gehelp met die Jail a Bail, die musiek Bingo en netbaldag, en nou kan jy met jou ondersteuning van die gospelfees vir kinders in die Parys-gemeenskap ‘n verskil maak.

Gospelfees:
Daar word 6 500 mense by die Gospelfees verwag.. Alle fondse wat ingesamel word gaan vir die VVA se huis van veiligheid in Parys. In die Tumahole-woonbuurt funksioneer die VVA se Lerato Huis as plek van veiligheid al vir ongeveer 17 jaar met groot sukses, maar omdat die meerderheid kinders wat die afgelope jaar verwyder moes word, Afrikaanssprekend was, is die geweldige behoefte aan ‘n veiligheidshuis ook vir Parys, geĆÆdentifiseer.

Vir die VVA is die groot finansiĆ«le uitgawe vir ‘n veiligheidshuis nie moontlik nie, en kan jou ondersteuning van die Gospelfees help om vir diĆ© kinders ‘n huis van veiligheid te gee.

Hekke open om 08:00 op die 16de Desember met die Gospelfees-program wat om 08:30 afskop. Kom vroeg om jou sitplek onderdak te verseker waar stoele uitgepak sal wees. Kunstenaars soos Joe Niemand, Danie Botha, Arnold de Wet, Dudley Mans, Shane Pretorius, Megan Els, die Victorious Vocal Group, pastoor Deon Allers, evangelis Len de Jongh, Jacques en Liezel, en FelƩcia Pretorius, kan gehoor word.

Talle uitstallers het reeds stalletjie-ruimte bespreek, en word daar veral gesoek na uitstallers van handgemaakte produkte vir die fees. Om uitstalruimte te bespreek skakel 082 411 6865. Kerke word ook genooi om deel te neem aan die interkerklike fees waar ‘n gebedstent sal wees. Die gedagte is om in die tent verteenwoordigers van die onderskeie kerkdenominasies te hĆŖ vir mense wat by die fees die behoefte het vir gebedsondersteuning.

Verskeie kosstalletjies sal sorg vir lekkernye, en daar beloof weer genoeg vermaak vir die kinders te wees.
Jy kan nou reeds jou kaartjies koop teen R100 vir volwassenes, R50 vir kinders (drie tot 13 jaar), en kinders onder drie het gratis toegang. Kry jou kaartjies by Welkom-kafee, Kragapie Gym, of by VVA. Kaartjies is ook beskikbaar by Liplekker Spyseniers in Vanderbijlpark asook by pastoor Riaan van die AGS Vaalpark, of skandeer die QR-kode hieronder om aanlyn kaartjies te koop. Omdat soveel mense verwag word, sal kaartjies wat vooraf gekoop word help met die logistieke reƫlings van die fees.

* Onthou ook VVA se gholfdag op 15 November. Navrae (056) 818 1567.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button