Local newsNews

Verdagte beken skuld op moord van wildsplaasbestuurder

"Ian se lewe is van ons geneem, en die hartseer en gemis is groot."

Ian Boshoff (32), wildsplaasbestuurder van die Snymanshof Lodge langs die Frischgewaagd-pad in die Buffelshoek-omgewing is op 25 Oktober tydens ‘n rooftog doodgeskiet. Drie verdagtes is 7 November in die Ikageng-nedersetting in verband met die moord in hegtenis geneem. Drie
vuurwapens, waaronder die twee wat tydens die aanval gesteel is, en nog een wat vermoedelik tydens die uitvoer van die misdade gebruik is, is in die verdagtes se besit gevind.

“Die verdagtes het die slagoffer se voertuig, twee vuurwapens, gereedskap en huishoudelike goedere gevat. Die verdagtes het vroeĂ«r ook by ‘n ander huis in die area ingebreek,” het polisiewoordvoerder Brigadier Sabata Mokgwabone gesĂȘ.

Die beskuldigdes, Phafelo Israel Mboniswa (42) en William Johnson Mboniswa (33) – twee broers – en hulle neef, Steve Moletsane (42) het op 11 November in die landdroshof in Potchefstroom verskyn op aanklagte van huisbraak, moord, diefstal van ‘n motorvoertuig, twee aanklagte van
die besit van vermoedelik gesteelde goedere en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Die saak teen Steve Moletsane is in die hof weens ‘n gebrek aan bewyse, teruggetrek,” het Sive Gunya, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag gesĂȘ.

Phafelo het tydens die hofverrigting sy hand opgesteek en skuld beken. “Ek het dit gedoen,” het hy in die hof gesĂȘ.

Die verdagtes sal na verwagting op 25 November weer voorkom vir ‘n moontlike borgtogaansoek.

Ian, oorspronklik van Bothaville, is op 9 November tydens ’n troosdiens gegroet.

“In hierdie donker tyd na die tragiese verlies van ons dierbare Ian, het ons eerstehands ervaar hoe kragtig medemenslikheid en ondersteuning werklik is. Dit is moeilik om die woorde te vind om ons dankbaarheid uit te druk vir elkeen van julle wat ‘n boodskap gestuur het, ‘n oproep
gemaak het, of ons besoek het. Julle liefde en omgee het ons deur die moeilikste dae gedra, en elke gebaar het ons herinner dat
ons nie alleen is nie,” het Ian se ma, Sonja, en pa, Bossie, op sosiale media gesĂȘ.

“Ian se lewe is van ons geneem, en die hartseer en gemis is groot. Maar ons vind troos in die wete dat daar reeds mense in hegtenis geneem is, en ons glo dat geregtigheid vir Ian sal geskied.”

Ian se ouers wens dat hierdie proses die gemeenskap inspireer om nog sterker saam te staan teen onreg. “Mag ons met die beste
deel van onsself voortgaan, net soos Ian dit sou wou hĂȘ. Ons sal altyd onthou hoe julle saam met ons rou, en hoe julle Ian se lewe eer.” sluit die plasing af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button