Local newsNews
Wat gebeur in jou vleiland dié week
Ten spyte van die indringers onder die Ipomoea genus wat amok maak by ons, het ons net so pragtige interessante verskeidenheid Ipomoea's wat inheems is waarvan daar al klaar 'n paar opgemerk is in die Parys vleiland.
Ipomoea is ‘n verstommende diverse genus plante met oor die 600 spesies, maar sekerlik die bekendste twee Ipomoea’s wat ons teëkom in Parys is die purperwinde/morning glory (Ipomoea indica), en natuurlik die nederige patat, Ipomoea batatas. Die purperwinde is ongelukkig ‘n verklaarde indringer uit Amerika wat elke somer alles uit stik soos dit onverpoos oor alles rank – veral langs ons rivieroewers, spruite en bosserige areas.
Ten spyte van die indringers onder die Ipomoea genus wat amok maak by ons, het ons net so pragtige interessante verskeidenheid Ipomoea’s wat inheems is waarvan daar al klaar ‘n paar opgemerk is in die Parys vleiland.
Soos met die meeste van ons inheemse plantegroei in die area wat aangepas is vir ons droë, koue branderige winters en die tipiese stormagtige warm somers van die Hoëveld, het baie van die Ipomoea’s ‘n bol onder die grond waaruit hulle elke lente weer verskyn om hulle pragtige skouspel voort te sit.
Sover is die volgende Ipomoea’s hier aangeteken en heel waarskynlik is daar nog wat wag om op die lys te kom:
● Ipomoea oenotheroides/Turbine morning glory (inheems)
● Ipomoea bathycolpos/Deep morning glory (inheems)
● Ipomoea ommanneyi/Ox morning glory (inheems)
● Ipomoea bolusiana/Narrowleaf morning glory (inheems)
● Ipomoea crassipes/Leafy morning glory (inheems)
● Ipomoea magnusiana/Small pink morning glory (inheems)
● Ipomoea purpurea/Common morning glory (Indringer)
● Ipomoea indica/Purple morning glory (indringer)
● Ipomoea alba/Moonflower (indringer)
● Ipomoea batatas/Sweet potatoes/Patats
Die gebruike van die plante is net so divers soos die genus maar daar kan ook gevare wees aangesien daar wel toksiese psigo – aktiewe eienskappe is veral met die indringers onder hulle. Wees daarom oordeelkundig en ingelig as jy wil gebruik maak van die plante vir watter rede ookal.
Meer oor die Parys Vleiland-gebied:
Die vleiland-area strek vanaf Tumahole tot onder by die Mimosa Tuine. “Die area begin by ‘n natuurlike varswater fontein aan die agterkant van die Viva-vulstasie in Parys se nywerheidsgebied,” vertel Leida Schuman, een van die vrywilligers betrokke by die projek. Sy verduidelik dat die vleiland ook ‘n hoof voetgangerroete is vir mense wat daagliks tussen Tumahole, Schonkenville en Parys beweeg. Dit verbind skole, die nywerheidsgebied van Parys en woongebiede. Dié area is oor jare besoedel deur mense wat bou en huishoudelike rommel hier stort, indringer plantspesies soos katbos, en riool en ander afvalstortings in die Mimosa-spruit.
‘n Inisiatief om die verwaarloosde natuurlike vleiland-gebied in die middel van Parys te rehabiliteer, om die onderbenutte gebied te omskep in ‘n volhoubare vleiland-ekosisteem wat toeganklik en veilig sal wees vir alle gemeenskappe, is besig om te realiseer. Daar word beoog om die eerste fase van die projek binne die volgende jaar te voltooi.
Die vleiland bied ‘n enorme toerisme-potensiaal met landloop- en fietsryroetes wat hier ontwikkel word en alreeds benut word.
Die area sal ook deur skole as bewarings en opvoedkundige terrein benut kan word.
Foto en inligting: Met erkenning aan die Parys Wetland Park WhatsApp groep
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.