Vyf sterf kort na bekendstelling van veilgheidsveldtog vir feesseisoen
Wees asseblief versigtig wanneer jy bestuur veral nou oor die feestyd.
Vyf mense is dood in ‘n tragiese ongeluk in die vroeë oggendure op die N3-hoofweg naby Balmoral.
Vier insittendes van ‘n motor, sowel as die bestuurder van ‘n vragmotor is deur nooddienste op die toneel dood verklaar. Die vyfde insittende van die motor is per ambulans na die Tebe Distrik-hosptiaal in Harrismith vervoer.
Die tragiese ongeluk op die N3 was enkele ure nadat die Vrystaat provinsie se waarnemende premier, mnr. Jabu Mbalula, vergesel deur LUR Mahlatsi en die Manguang Metro Munisipaliteit se MMC vir Openbare Veiligheid en Sekuriteit, die Feesseisoen se Padveiligheidsveldtog geloods het, waartydens ‘n beroep op padgebruikers gedoen is om beleefd, geduldig en veilig op die land se paaie te wees met die oog op die feesseisoen wanneer paaie besiger sal wees.