Local newsNews

Vakansie-slenter g’n die waarheid nie

Wees asseblief baie versigtig vir aanlyn slenters en kuberbedrog. Dié misdaad neem daagliks toe.

Swendelaars het die afgelope week ook die Umfula vakansieoord buite Parys se naam gebruik in ‘n aanlyn slenter waarmee daar kwansuis ‘n gratis vakansie weggegee word. In die plasing word gesê dat mense na die Parys Golf Club moet gaan in verband met die sogenaamde ‘vakansieprys’.

Die oordbestuur het aan Gazette gesê hulle het Maandag van die swendelaars se plasing op die Facebook-blad Parys Nuus & Inligting bewus geraak, en dadelik ‘n kennisgewing uitgestuur om mense te waarsku dat die plasing nie deur die oord gemaak is nie, maar inligting wat oënskynlik onder die naam “Parys Tourism and Leisure” geplaas is.

Die oord sê die inligting in die plasing is onwaar. Daar word nie tans ‘n vakansie weggegee nie.

Daar is ook gevra dat mense asseblief nie moet reageer op die uitnodiging om by die gholfklub te ontmoet in verband met die sogenaamde gratis vakansie nie.

Kuberbedrog
Kuberbedrog kos mense daagliks duisende en steeds val mense vir die slenters van swendelaars op sosiale media platforms en by vals webtuistes. Dit is veral bejaardes wat dikwels slagoffers is van hierdie misdaad. Vergeet daarvan om jou geld terug te kry as jy geval het vir die slenters. Aanlyn skurke se kontakbesonderhede bestaan gewoonlik nie meer die oomblik wannneer jy die geld in hul rekening oorgeplaas het. Jou bank of versekeringsmaatskappy gaan jou nie sommer vergoed vir geld wat jy vrywillig in iemand se rekening inbetaal het nie.

* Die goue reël is- as iets te goed is om waar te wees, dan is dit té geod om waar te wees.

Jy kan nie ‘n produk of item koop as jy dit nie gesien het nie, nie die kontakpersoon se besonderhede behoorlik nagegaan het, of seker gemaak het die webtuiste of individu/besigheid wat die produk adverteer eg is nie.

* Die gesegde sê nie verniet – goedkoop koop is duur koop nie. Vergelyk die produk wat jy aanlyn sou sien met soortgelyke produkte se pryse. As die prys baie laer is, kan jy maar weet daar is heel waarskynlik ‘n slang in die gras.

* Moet nooit jou geheime sekerheidskode (OTP), bankrekeningnommer of enige ander persoonlike inligting vir iemand telefonies gee nie – nie eens vir die bank nie.

* As jy nie self besig is met ‘n transaksie nie, kan jy geen transaksie magtig nie.

* Moenie op skakels wat jy per WhatsApp, epos of Facebook sou ontvang sommer net klik nie – gaan maak eers seker van die oorsprong en egtheid daarvan.

* As iemand jou sou bel oor ‘n verdagte transaksie waarmee hulle jou kwansuis wil help om te stop, sit neer die foon en kom so vinnig moontlik self by jou bank uit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button