
Die saalperdgemeenskap het verlede naweek afskeid neem van die 72-jarige Luci Nouwens, gerespekteerde perdeteler van die Image County-landgoed buite Clarens, wat Vrydag 6 Desember in die oggendure in Parys oorlede is. Van haar perde het aan die Parys Kers Saalperdskou deelgeneem.
Sy het by die Afri Dome oornag, en het die dag voor haar dood nog haar perde sien deelneem.
Sy het diep spore getrap in die SuidAfrikaanse en Amerikaanse saalperdbedryf.
As ruiter het sy verskeie nasionale kampioenskaptitels verower. Nouwens kon weens haar gesondheid nie meer perdry nie. Sy het aan motorneuronsiekte gely wat in 2022 by haar gediagnoseer is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



