Local newsNews
Ses in Parys vasgetrek vir dwelmhandel na Valke operasie
'n Uitgebreide ondersoek deur die Valke in die Vrystaat se eenheid vir Georganiseerde Misdaad Ondersoeke, het uiteindelik tot dié groot deurbraak gelei.

Ses verdagtes het Vrydag in die landdroshof in Parys verskyn vir beweerde dwelmhandel na die sukses van ‘n uitgebreide Valke operasie gefokus op dwelmhandel.
Lede van die Valke in die Vrystaat se eenheid vir Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoeke in Bloemfontein, Welkom, Bethlehem, Sasolburg K9 en Sasolburg Misdaad Intelligensie het die verdagtes, almal tussen die ouderdom van 24 en 46, vroeër vandeesweek in Parys gearresteer.
Die sukses van die operasie volg nadat die Valke ondersoekspan, gestasioneer in Welkom, in April 2022, inligting gekry het van drie verdagtes in Parys wat na bewering betrokke is by dwelmverspreiding in die Fezile Dabi-distrik. ‘n Uitgebreide en lang ondersoek het daarop gevolg en is mense geïdentifiseer, en ‘n modus operandi van die verdagtes bepaal. Daar kon ook vasgestel word watter dwelms versprei word.
Maatreëls is daarna in plek gestel en toestemming gekry vir die polisie operasie wat uiteindelik tot die arrestasie van die ses gelei het.
Die verdagtes sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning vir ‘n formele borgaansoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



