Local newsNews

VLU loer in by Ouma se huis

Die vroue het die besoek as 'n belewenis beskryf om te sien hoe geskiedenis hier bewaar word.

Plaaslike Vroue Landbou Unie (VLU) vroue het die jaar afgesluit met ‘n besoek aan Ouma se Huis museum op die FAK Udolpho Rivierplaas buite Parys.

As herinneringe aan toeka se tye jou ná aan die hart lê, soos ‘n koppie Boeretroos in die hand en die reuk van varsgebakte brood wat syfer deur die koolstoofhortjies, dan is die plaasmuseum ‘n lewende herinnering saamgestel uit erfstukke en jare se versamel en bymekaarmaak.

Die vroue het die besoek as ‘n belewenis beskryf om te sien hoe geskiedenis hier bewaar word.

Hulle het ook die FAK se Sentraal Kultuurkoördineerder, Jan-Danie Malan, se passie vir bewaring van taal en geskiedenis uitgesonder en gesê dat mense die toekoms by Udolpho moet omhels met ‘n positiewe bewusmakingsveldtog vir die bewaring van ‘n eie taal en geskiedenis.

Daar is die oggend heerlik saam geëet en gekuier.

Die VLU begin weer in Februarie 2025 met sy jaarprogram. Gaste is welkom.

Skakel Bernadet van der Ende by 082 474 0304, of Annatjie Dreyer by 082 464 0204 vir meer inligting oor die VLU byeenkomste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button